Peter Swart is toegelaat as prokureur in Februarie 1986 en praktiseer sedert Maart 1996 vir sy eie rekening as PETER SWART PROKUREUR / ATTORNEY.

Die praktyk is vanaf die ontstaan daarvan gesetel in die historiese DE STRAAT gebou, geleë te Hoofstraat 227A Paarl. Vanaf 1 April 2023 word die praktyk bedryf vanaf Derdelaan 9, Paarl.

Die firma het geen gevestigde belange in enige eiendomsagend- skappe, verbandagente, of ontwikkelaars nie, en kan derhalwe totaal objektiewe en onafhanklike regsadvies aan kliente bied.

Die firma se kliënte beslaan 'n wye spektrum, hoofsaaklik van individue en KMMO's, vele waarvan oor die jare sterk verbintenisse opgebou het wat gewone sakeverhoudings oortref. 
Dit weerspieël ons siening dat 'n prokureur-kliënt verhouding wat op professionele diens en integriteit gebasseer word, in die lang termyn vir beide die prokureur en die kliënt winsgewend en bevredigend is.
 
Terwyl ons op die beskerming van ons kliënte se regsbelange  ingestel is, geniet ons dit om hulle beter te leer ken as unieke  individue. Dit gebeur dikwels in tye en omstandighede wat vir hulle moeilik is. Om dan later te sien hoe hulle sukses en voorspoed  behaal, is die heel beste beloning.

 Kopiereg: PETER SWART Prokureur / Attorney 2013

Besigheidsfilosofie

Make a free website with Yola